Roudiens van Ben Olivier

Liewe BSV-lid,

Soos u alreeds op ons Facebookblad gesien het, is dit vir ons tragies om die dood van ons geliefde en gewaardeerde lid en BSV-bestuurslid, Bennie Olivier, met u mee te deel.

Ek is seker hy sal veral onthou word vir sy liefde vir veteraanmotors sowel as die komiese voorlees van sy ewe snaakse stories.

Sy roudiens sal plaasvind op Vrydag, 11 Januarie, om 11uur by die NG Kerk De Bloem in Bloemfontein.

Ons innige meegevoel aan sy naasbestaandes.

Groete, 

BSV -bestuur

Ben Olivier

Wenners van Nasionale Skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), Skrywers 2020/21, bekend gemaak

Die uitslae van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse groot Nasionale BSV-Skryfwedstryd, vir die twaalfde keer geborg deur die hoofborg, die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en ’n deel ook deur SUNMeDIA: Bloemfontein, is pas bekend gemaak! Weer ’n goeie skryf-oes inskrywings van regoor die land! Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die BSV, getuig die uitslae t.s.v. die pandemie weer vanjaar van ’n voortgesette stryd van gedugte oud-wenners, met ’n paar splinternuwe “buiteperde” wat soms vanuit die niet almal se loef afsteek. Dis die eerste keer sedert die skryfwedstryd se ontstaan in 1979 dat die wedstryd weens die pandemie oor twee jaar moes plaasvind weens poskantore en koeriers wat in 2020, kort voor die sluitingsdatum tydens vlak 5 nie gefunksioneer het nie en ons gewaardeerde vennoot van amper vyf dekades, die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), wat altyd die wedstrydpos ontvang het, ook toe was vir die publiek. Die BSV-bestuur het dus besluit om die skryfwedstryd vir nog ’n jaar, gegewe die omstandighede, te verleng en net een onderwerp by elke stel kategorie-onderwerpe vir die nuwe jaar by te sit, naamlik “Die jaar 2020!” waaroor deelnemers kopstukke geskryf het – sommiges vir terapie om die pandemie te verwerk! In 2021 het die die eerste inskrywings van “gegrendelde skrywers” uit alle windrigtings van Suid-Afrika, oorwegend per koerier, toonbank-tot-toonbankpakkette en handaflewering ons begin bereik.

Altesaam R18 000 se pryse is vanjaar uitgeloof en vyf BSV-wisseltrofeë vir skole (en drie ope-trofeë) was op die spel. Hoërskool D.F. Malan het vanjaar oudergewoonte vier kategoriewisseltrofeë, die Junior- en Seniortrofeë, die Gerhard Beukes-wisseltrofee vir die skool van die algehele skolewenner, asook die prys vir die skool met die meeste inskrywings ingepalm. Die Skole: Poësie-wisseltrofee is verower deur ’n leerder van Hoërskool Melkbosstrand, Milnerton-Rural, terwyl wenners van Prins Albert, Brixton en George die ope-afdeling se trofeë ingepalm het.

Wenners van die BSV se “Skrywers 2020/21” is:

SKOLE: PROSA-AFDELING (A):

JUNIOR AFDELING (gr. 8 en 9)

1ste (R1500) en trofee: Kay-C Botha gr.9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

2de (R800):                   Anja le Roux gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

3de (R500):                   Francé Esterhuyse, gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Eervol vermeld:            Gemma van Rooijen, gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.       

SENIOR AFDELING (gr. 10 – 12)

1ste (R1 500) en trofee: Henry van der Merwe, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

2de (R800):                    Philip van der Merwe, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

3de (R500):                    Mila de Villiers, gr. 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Eervol vermeld:             Wian Krynauw, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

ALGEHELE SKOLE-PROSAWENNER: GERHARD BEUKES-WISSELTROFEE

Henry van der Merwe, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

SKOLE: POëSIE-AFDELING (DS):

1ste (R1 500) en trofee: Marissa Fourie, gr. 12, Hoërskool Melkbosstrand, Melkbosstrand.

2de (R800):                    Thiamé Hoffman, gr. 7, Universitas Primêre Skool. Bloemfontein.

OPE: AFDELING B (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie):

1ste (R1500) en trofee:    Hanli Burger, Prins Albert

2 de (R900):                     Rina Bester, Rustenburg                              

3 de  (R500):                 Hanli Burger. Prins Albert

Eervol vermeld:              Rina Bester, Rustenburg

OPE: AFDELING C (Voorheen gepubliseer teen vergoeding):

1ste (R1 500) en trofee:   Maretha van der Westhuizen, George.

2de (R900):                     Leunis van Rooyen, Brixton.

3de (R500):                    Marianne Venter, Pretoria.

Eervol vermeld:               Leunis van Rooyen, Brixton.

OPE: AFDELING D (Poësie):

1ste (R1 500) en trofee: Leunis van Rooyen, Brixton.

2de (R800):                    Dr. Marieta McGrath, Somerset-Wes.       

3de (R500):                    Rina Bester, Rustenburg

Eervol Vermeld:           Carla van Wyk (student, Universiteit Stellenbosch)

Eervol vermeld:            Hannes Visser, Oudtshoorn.

TROFEË:

HAUM-Literêr-trofee vir skool van wenner in Junior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in Senior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Vrystaat-wisseltrofee vir skool met meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Poësie Skoletrofee vir skool van wenner in poësie: Hoërskool Melkbosstrand, Milnerton-Rural.

Wisseltrofeë vir die drie Ope-afdelings word ook aan individuele eerstepryswenners van Prins Albert, Brixton en George toegeken.

Die BSV kan met trots terugkyk na ’n hele lys gerekende en bekroonde skrywers, wie se sluimerende skryftalent aanvanklik deur die BSV-skryfwedstryd uitgewys en in baie gevalle daarna met ’n slypskool ontwikkel is, waaronder een van die onlangses wat tans skoonskip maak, oudwenner Sidney Gilroy wat die afgelope twee jaar belangrike literêre pryse se kortlyste gehaal en vanjaar bekroon is met die die groot kykNET-Rapport-filmprys met sy tweede roman. Ander oudwenners is bekende skrywers, soos Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, Cariena Diedericks-Hugo, Piet Steyn, Japie Bogaards, Sonja Loots, Carina Stander, Ruan Fourie, Hannes Visser en die gereelde BSV-wenner, Hilda Smits (van Nashville, VSA), wat in 2016 as digter by Protea Boekhuis gedebuteer en haar bundel by die BSV in NALN bekend gestel het en in 2017 daarvoor vereer is met die Ingrid Jonkerprys! Alle eer aan ons onafhanklike en kundige beoordelaars wat jaarliks met anonieme beoordeling een na die ander skrywer met potensiaal om te debuteer, trefseker tussen honderde BSV-inskrywings identifiseer.

Al die bekroonde inskrywings en ook die beoordelaarsverslae sal in Inkvars 2020/21, geborg deur die Stichting tot Bevordering van Culturele Betrekkingen Nederland Zuid-Afrika, gebundel word as deel van die wenners se pryse. Inkvars 2020/2021 sal na Februarie 2022 se BSV-Slypskool vir Ontluikende Skrywersbeskikbaar gestel word vir stelwerkonderwysers en ander belangstellendes teen R100 per eksemplaar (posgeld uitgesluit). Benewens die prysgeld, sertifikate, wennerkopie van Inkvars en trofeë, kan die skryfwedstrydwenners die digitale slypskool as deel van hul prys gratis bywoon. Die BSV-Slypskool gaan weens verdere golwe en omstandighede wat te make het met die pandemie op Vrydagaand 4 en Saterdagoggend 5 Februarie 2022 digitaal plaasvind. Die slypskoolaanbieders is die welbekende proff. Hans du Plessis en Bernard Odendaal! Die BSV nooi alle belangstellende skrywers en digters wat die slypskool, bestaande uit ’n prosasessie en ’n poësiesessie by hierdie uiters bekwame digter en skrywer met lang lyste slypskole op hul kerfstok, digitaal wil bywoon teen ’n billike R250 (BSV-lede betaal net R100, of u kan teen ’n spesiale slypskoolaanbod ook aansluit as lid teen ’n skamele R220 vir beide die slypskool en BSV-lidmaatskap vir ’n jaar. Maak gerus kontak as u die slypskool wil bywoon of die nuutste Invars van Februarie 2022 wil bestel deur ’n e-pos met u selfoonnommer en e-posadres te stuur na bloemsv@gmail.com waar ons sekretaresse, Roline Brits, u naam na bewys van inbetaling op die slypskoollys sal aanbring en u in Februarie twee skakkels na die twee dae se slypskoolgeleenthede sal ontvang.

Dis in belang van u en die aanbieders se veiligheid wat die slypskool hierdie keer digitaal is, maar net so lekker soos altyd wanneer ons normaalweg ’n vol saal van amper 100 slypskoolgangers in Bloemfontein verwelkom het. Sien daarna uit om almal vroeg-Februarie 2022 digitaal te “sien” wanneer u in die gerief en veiligheid van u eie huis in die bekwame hande van die ouddirekteure van die NWU se ATKV-Skryfskool ’n onvergeetlike leerervaring gaan geniet!  Sien u aanlyn!

BAIE GELUK AAN AL DIE WENNERS! Dis ‘n groot prestasie!

Mediavrystelling: Corlietha Swart (Voorsitter: BSV)

2020/’21 Skryfwedstryd

Neem gerus deel aan die groot, nasionale BSV-Skryfwedstryd 2020/21!

Weens die pandemie het die BSV-Skryfwedstryd 2020 nou die Nasionale BSV-Skryfwedstryd 2020/21 geword weens posvertragings van inskrywings en vlakbeperkings by instansies. Die sluitingsdatum is met ‘n jaar verleng na 10 Mei 2021. Al die onderwerpe is nog dieselfde, MAAR ons BSV-Bestuur het in Desember 2020 dit goedgedink om een onderwerp by te voeg by die 6 moontlikhede by alle kategorieë (prosa en poësie) van alle ouderdomsgroepe, naamlik “Die jaar 2020”. Kom ons skryf hierdie onverwagse en vreemde jaar van die pandemie uit ons gestel uit – skryf is immers terapie! Dalk het u ‘n positiewe storie om oor 2020 te vertel, of dalk was dit ‘n nare jaar! Vertel ons daarvan!

As u reeds verlede jaar deelgeneem het met van die 2020-onderwerpe, is daar dus nou ‘n splinternuwe onderwerp by elke kategorie by (skole en ope) om oor te skryf – en elkeen van ons het sekerlik kopstukke om oor 2020 te vertel of te dig. Al die wenners se weninskrywings en die beoordelaarsverslae sal, buiten vir die prysgeld van die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV en SunMeDIA: Bloemfontein, plus ‘n gratis slypskool, oudergewoonte opgeneem word in Inkvars 2020/21 wat geborg word deur die Stichting tot Bevordering van Culturele Betrekkingen Nederland Zuid- Afrika.Om seker te maak dat u posstuk ons in die Covidtyd veilig en betyds voor 10 Mei 2021 bereik, kontak ons eerder per WhatsApp of SMS (nie bel nie – ons sal op u getikte navraag vir u ons koerieradresse stuur) by een van die volgende selnommers, nl. 0825356822, of 0833050721 of 0792807759 dan stuur ons vir u ‘n veilige koerieradres van ons bestuurslede wat dit persoonlik sal ontvang.

Die poskantore sukkel nog ‘n bietjie om op dreef te kom en die agterstande in te haal na die inperkings – die eerste inskrywings, wat ons in Mei 2020 moes bereik, het eers in November 2020 tydens vlak 1 en 2 by NALN begin inkom en ons land is intussen alweer op na vlak 3. Wonderlike nuus is dat proff. Bernard Odendaal en Hans du Plessis, wat ons BSV-slypskool in Aug. 2020, tydens ons halfeeu- feesvieringe sou aanbied, gereed is om dit ‘n jaar later in Aug. 2021 aan te bied. Die tyd sal leer of Covid-19 ons in Aug. 2021 gaan toelaat om die slypskool fisies in Bloemfontein aan te bied (sal ‘n belewenis wees om hierdie twee kundiges in lewende lywe saam in aksie te ervaar), en of ons dit, weens die gesondheidsrisiko daaraan verbonde, dalk digitaal sal moet doen. Wat ookal die geval, dit gaan ‘n belewenis wees!

Lekker skryf! Ons wag vir u inskrywings!

Corlietha Swart(Voorsitter: BSV namens die BSV-Bestuur 2020/21)

https://bloemsv.files.wordpress.com/2021/01/copy-of-bsv-skryfwedstrydpamflet-2020-21-finaal.pdf

Persverklaring aangaande Skryfwedstryd 2020

Aan alle lede en deelnemers aan die jaarlikse nasionale BSV-skryfwedstryd 2020 geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en SUNMeDIA: Bloemfontein, wat  die eerskomende week op 11 Mei 2020 sou sluit:
Na versigtige oorweging en gegewe die Covid19- en inperkingsbeperkingsfeite wat op die oomblik op die tafel is op nasionale -, sowel as internasionale vlak wat RSA se proses ‘n bietjie tydsgewys vooruit is, het die Bestuur van die BSV van 2020 en vanjaar se twee dinamiese Slypskoolaanbieders, proff. Hans du Plessis en Bernard Odendaal, besluit om die BSV-Skryfwedstryd 2020 se sluitingsdatum van 11 Mei 2020, sowel as die Slypskooldatum van 22 Aug. 2020, onbepaald uit te stel (nie af te stel nie) tot later – die Covid19-landsituasie sal leer tot wanneer. Ons wil nie datumvoorspellings waag en dan telkens weer moet aanpas nie. Dié besluit is geneem weens die feit dat gewone pos- en koerierdienste weke gelede reeds gestaak is, die inskrywings landwyd ongesorteerd lê en wag vir sortering in die sisteem en ons nog glad nie eers begin bereik het nie en die poskantore en koeriers op die oomblik net mediesverwante pos mag hanteer. Ook die nasionale BSV-Slypskool wat in Augustus sou plaasvind, sal vermoedelik onbepaald uitgestel word na ‘n tyd wanneer dit weer veilig is vir almal, aangesien dit lyk of die ergste Covidstatistiek eers heelwat later in die jaar verwag word en beweging tussen provinsies moontlik dan nog (weer) onwettig mag wees. (Prof. Bernard Odendaal sê dat ook hul ATKV-Skryfskoolbedrywighede, net soos in die BSV se geval, alles onbepaal uitgestel is.)
Wees dus rustig en hou voorlopig u inskrywings – dit mag dalk die weninskrywing wees(!) – veilig by u op ys – (so ook die skole s’n by die onderwysers as u dit nog nie gestuur het en dit reeds êrens wag op sortering en hantering in die possisteem nie. Stuur dit gerus eers sodra die poswese en koeriers in aksie kom en NALN weer oop is. Moet asb. nie u inskrywings per e-pos stuur nie, aangesien dit nie ‘n digitale kompetisie is nie omdat skole meestal ons onderwerpe in hul sillabusse inskryf en in klaskamers skryf om internetplagiaat te minimaliseer en omdat ons ons NALN-(pos-)vennootskap van meer as vier dekades koester weens outomatiese  bekendstelling van NALN aan skole en individue. 
Ons sal oorgenoeg tyd laat vir die posagterstand se stertkant om ons te bereik, maar wil nie ‘n vaste datum daaraan koppel nie, omdat niemand regtig weet wat die toekoms inhou,  wanneer die pos weer mag begin funksioneer en wat die nuwe regulasies en fases gaan behels nie. Die feite wat ons in die agterkop moet hou, is dat NALN, wat die skryfwedstrydpos  al vir dekades ontvang en Noorderbloem, waar ons vergaderings en slypskool gewoonlik plaasvind, ook steeds onbepaald toe is. Baie dankie aan Roline Brits wat saam met my ontelbare navrae die afgelope tyd hanteer het. Maak gerus met ons kontak
by bloemsv@gmail.com vir enige navrae. Ons sal hierdie besluite ook op die BSV-webwerf, Facebook, Page en Twitter plaas en die mediavrystelling oor die besluit  aan Netwerk24 en Litnet stuur.
Baie dankie vir u begrip – ons is almal in dieselfde Covid19 bootjie …
Veilig bly en skryf sommer nog ‘n storie of gedig terwyl u geduldig wag vir die virus om te wyk. Die onderwerpe en reëls in die wedstrydpamflet is steeds saam met die inskrywingsvorms in Pdf.-formaat op ons webwerf by bloemsv.wordpress.com beskikbaar.
LEKKER SKRYF TYDENS DIE INPERKINGSPERIODE! Daar is nog genoeg tyd …
 
BSV-groete!
Corlietha Swart
(Voorsitter: BSV namens die BSV-Bestuur 2020)

Die BSV word 50!

Die BLOEMFONTEINSE SKRYWERSVERENIGING het Vrydag 8 Maart 2020 50 jaar oud geword! Ons het dit by die byeenkoms die Donderdagaand met verjaarsdagkoek saam met ons vennoot van meer as 4 dekades, NALN, in die historiese NALN-ouditorium gevier. Twee van die BSV-voorsitters (die langste in die tuig) was teenwoordig. Stoffel Cilliers (81) wat vir 35 jaar die leisels gehou het tot sy uittrede in 2007 nadat Volksblad se skryfwedstrydborgskap verval het en Corlietha Swart wat sedert Nov. 2008 vanjaar vir die 12de jaar die leisels hou as voorsitter. Die volledige bestuur van 2020 was ook teenwoordig. Die Nasionale skryfwedstryd wat sedert 1979 plaasvind, vanjaar vir die 12de jaar geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en vanjaar ook deur SUNMeDIA: Bloemfontein, gaan steeds van krag tot krag as een van die grootste skryfwedstryde van sy soort in die land in Afrikaans met ongeveer ‘n duisend inskrywings jaarliks (moedertaal, sowel as niemoedertaalinskrywings vir hoërskoolleerders, studente en volwassenes). Hoërskool DF Malan, Bellville, stuur gereeld die meeste skoleinskrywings. Die jaarlikse BSV-Slypskool bemagtig daardie jaar se wenners en lede van die publiek woon ook die slypskool van tussen 80 tot 100 mense graag by. Afriforum dek die uitgawes van die aanbieder jaarliks gedeeltelik met ‘n skenking. Vanjaar bied proff. Hans du Plessis en Bernard Odendaal die BSV-Eeufeesslypskool op 22 Augustus 2020 aan in Noorderbloesaal wat voorafgegaan gaan word deur ons BSV-50-dinee Vrydagaand die 21ste Augustus 2020. Wat ‘n voorreg om hulle twee as dinamiese oud-en huidige ATKV-Skryfskooldirekteure in ons midde te verwelkom. Prof. Bernard Odendaal is ook die BSV-beskermheer sedert die oorlye van prof. Gerhard J. Beukes in die negentigerjare. Ons volbetaalde lede, ongeveer 200, kom van regoor die land en kan gewoonlik nie die 8 plaaslike byeenkomste bywoon nie, maar hul ontvang hul 8 nuusbriewe met skryfgeleenthede en stuur soms iets vir voorlesing, of neem deel aan die kompetisie of slypskool. Ons het egter ingeveer 7000 BSV Facebook en Pagevriende (wat, terloops, oor ons verjaarsdag van lyn af was – en die Page is blykbaar steeds van lyn af) en ons het duisende oud-deelnemers of slypskoolgangers wat op verskeie maniere kontak hou. Daar is jaarliks 2 publikasies wat verskyn onder redakteurskap van Corlietha Swart by SUNMeDIA: Bloemfontein, naamlik Inkvars en Bloemskryfsels. Eg. bevat die jaarlikse weninskrywings met die 4 beoordelaarsverslae en word gereeld deur stelwerkonderwysers gebruik en die publikasie word al vir dekades geborg deur ons gewaardeerde Nederlandse borg, die Stichting tot Bevordering van Kulturele Betrekkingen Nederland Zuid-Afrika.
Skrywer Annerlé Barnard het Donderdagaand, tydens die plaaslike groep se viering, by ons as gas kom kuier en Leana Lategan, hoofvakkundige beampte van NALN, het vir haar vrae opgestel. Mnr. Wyno Simes, kurator van NALN, het die BSV geluk gewens, die vennootskap van 4 dekades o.l.v. oorl. mnr. Otto Liebenberg oudkurator van NALN en sy span en die BSV onderstreep en die BSV opnuut in die NALN-geledere verwelkom.
Mag die BSV in die toekoms die wegspringblok bly vir net soveel latere gerekende en bekroonde skrywers soos die vereniging die afgelope halfeeu op nasionale vlak opgelewer het met die hulp van vier bekwame onafhanklike beoordelaars. Dankie, Fanie Viljoen, ons het gesien jy gee weer vir die BSV krediet tydens jou gelukwensing die naweek. Ons is trots op wat die niewinsgewende BSV, onbetaald bedryf deur vrywilligers in hul vrye tyd, as trotse uitvoerproduk van Bloemfontein die afgelope halfeeu reggekry het. Dankie aan Volksblad, Bloemnuus, Litnet, Radio Rosestad en NALN vir dekking. Wenners en debuterendes kom soms selfs van oorsee en landwyd na ons slypskole en wedstrydpos stroom in vanoor die hele land en soms van oorsee.
Mag die BSV van krag tot krag gaan en nog vele drome van potensiële skrywers bewaarheid.

2019 Skryfwedstryd Wenners

DIE BLOEMFONTEINSE SKRYWERSVERENIGING

 

Wenners van Nasionale Skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), Skrywers 2019, bekend gemaak

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse nasionale skryfwedstryd is vir die tiende agtereenvolgende jaar met R18 000 geborg deur die hoofborg, die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat! Die BSV en NALN is al vir dekades vennote en die BSV-skryfwedstryd word jaarliks gedeeltelik geadministreer deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), wat die pos ontvang – vanjaar weer ’n goeie oes van kort onder 1000 inskrywings! Dis die grootste skryfwedstryd van sy soort sedert sy ontstaan in 1979 met inskrywing uit alle provinsies van Suid-Afrika, lande in Afrika en oorsee! Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die BSV, getuig die uitslae weer vanjaar van ’n stryd van gedugte oud-wenners, met ’n paar splinternuwe “buiteperde” tussenin. Opvallend genoeg het Ope: afdeling C vir reeds-gepubliseerdes groot groei getoon ten koste van afdeling B (ongepubliseerdes). Dit is dus toenemend gevestigde skrywers wat in hierdie afdeling swaarde kruis. Die BSV kan met trots terugkyk na ’n hele lys gerekende en bekroonde skrywers, wie se sluimerende skryftalent aanvanklik deur die BSV-skryfwedstryd uitgewys en in baie gevalle daarna met ’n slypskool ontwikkel is – Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, Cariena Diedericks, Piet Steyn, Japie Bogaards, Sonja Loots, Carina Stander,  Ruan Fourie en die gereelde BSV-wenner, Hilda Smits (van Nashville, VSA), wat in 2016 as digter by Protea Boekhuis gedebuteer en haar bundel by die BSV in NALN kom bekendstel het en in 2017 daarvoor vereer is met die Ingrid Jonkerprys! Hannes Visser, van Oudtshoorn, een van ons gereelde wenners, het ook onlangs gedebuteer en sy besonderse debuut onlangs by die BSV in ’n volgepakte NALN-saal kom bekend stel! Alle eer aan die vier onafhanklike en kundige beoordelaars wat jaarliks met anonieme beoordeling een na die ander skrywer met potensiaal om te debuteer, trefseker tussen  honderde BSV-inskrywings identifiseer. Die vier is die o.a. ATKV-bekroonde digter-medikus, dr. Gilbert Gibson, Huisgenootbekroonde liriekskrywer-digter-akademikus, prof. Dave Lubbe, die akademikus in drama en letterkunde, dr. Anthea van Jaarsveld en die skrywer-akademikus, dr. Manie Wolvaardt wat al vir dekades lank BSV-beoordelaar is.

 

Altesaam R18 000 se pryse is vanjaar uitgeloof en vyf BSV-wisseltrofeë vir skole (en drie ope-trofeë) was op die spel. Hoërskool D.F. Malan het vanjaar oudergewoonte vier   kategoriewisseltrofeë, die Junior- en Seniortrofeë, die Gerhard Beukes-wisseltrofee vir die skool van die algehele skolewenner, asook die prys vir die skool met die meeste inskrywings, ingepalm. Die Skole: Poësie-wisseltrofee is verower deur ’n leerder van Hoërskool Melkbosstrand, Milnerton-Rural.

Al die bekroonde inskrywings en ook die beoordelaarsverslae sal in Inkvars 2019 gebundel word en op 24 Augustus 2019 bekend gestel word wanneer die pryse by die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers, vanjaar met veelbekroonde Karin Brynard, by die Noorderbloemsaal in Bloemfontein oorhandig word. Benewens die prysgeld, sertifikaste, publikasies en trofeë, kan die skryfwedstrydwenners die daglange slypskool as deel van hul prys gratis bywoon. Beskikbare plekke vir die publiek is alreeds besig om vinnig minder te word. Belangstellendes wat die daglange slypskool teen R420 wil bywoon (BSV-lede betaal R270), of Inkvars 2019 teen R100 per eksemplaar wil bestel, kan die BSV by bloemsv@gmail.com kontak, of ’n privaatboodskap op die BSV se Facebookblad laat.

 

Wenners van die BSV se “Skrywers 2019” is:

SKOLE: PROSA-AFDELING (A):

JUNIOR AFDELING (gr. 8 en 9)

1ste (R1500) en trofee: Emma Olivier, gr.9 Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

2de (R800):                   Suné van der Walt gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

3de (R500):                   Anja le Roux, gr. 8, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Eervol vermeld:             Antoinette Myburgh, gr. 9, Hoërskool Durbanville.

 

SENIOR AFDELING (gr. 10 – 12)

1ste (R1 500) en trofee: Jaco Wagener, gr. 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

2de (R800):                    Ila Alberts, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

3de (R500):                    Mari-Liza Coetzee, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Eervol vermeld:             Cindy Esterhuyse, gr. 10, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

 

ALGEHELE SKOLE-PROSAWENNER: GERHARD BEUKES-WISSELTROFEE

Jaco Wagener, gr. 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

 

SKOLE: NIE-MOEDERTAALPRYS (Aanmoedigingsprys: R500)  

Sesothosprekend: Refiloe Moshata, gr. 11, Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn.

 

SKOLE: POëSIE-AFDELING (DS):

1ste (R1 500) en trofee: Duné van Jaarsveld, gr. 11, Hoërskool Melkbosstrand, Milnerton-Rural.

2de (R800):                    Lané Rossouw, gr. 11, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein.

3de (R500):                              Kaitlin Els, gr. 11, Oranje Meisieskool, Bloemfontein.

 

OPE: AFDELING B (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie):

1ste (R1500) en trofee:    Adelle van Wyk, Vredendal

2 de (R900):                     Rina Bester, Rustenburg

3 de  (R500):                 Jan Venter, Houghton-Estate.

Eervol vermeld:             Rina Bester, Rustenburg

 

OPE: AFDELING C (Voorheen gepubliseer teen vergoeding):

1ste (R1 500) en trofee:   Leunis van Rooyen, Brixton.

2de (R900):                    Leunis van Rooyen, Brixton.

Eervol vermeld:               Coen Basson, Oudtshoorn.

 

OPE: AFDELING D (Poësie):

1ste (R1 500) en trofee: Dr. Marieta McGrath, Somerset-Wes.

2de (R800):                    Leunis van Rooyen, Brixton.

3de (R500):                 Dr. Gideon Bruckner, Somerset-Wes.

 

 

TROFEË:

HAUM-Literêr-trofee vir skool van wenner in Junior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in Senior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Vrystaat-wisseltrofee vir skool met meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Poësie Skoletrofee vir skool van wenner in poësie: Hoërskool Melkbosstrand, Milnerton-Rural.

Wisseltrofeë vir die drie Ope-afdelings word ook aan individuele eerstepryswenners van Vredendal, Brixton en Somerset-Wes toegeken.

BAIE GELUK AAN AL DIE WENNERS!

 

Mediavrystelling: Corlietha Swart (Voorsitter: BSV)

Skrywers 2019 inligting beskikbaar

Inskrywingsvorm 2019 Jnr & Snr 

Inskrywingsvorm 2019 ope afdelings

BSV Skryfwedstrydpamflet 2019 Finaal

Oogmerk

Met hierdie wedstryd, wat al sedert 1979 jaarliks gereël word, wil die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) die skeppende woord- en skryfkuns in Afrikaans bevorder. (Om dit ook onder mense wat ’n ander moedertaal as Afrikaans het te bevorder, bied ons aan deelnemers die geleentheid om aan te dui of hulle hul as behorende tot hierdie groep beskou. Die beoordeling word steeds anoniem op grond van literêre meriete gedoen, maar addisionele aanmoedigingspryse word vir verdienstelike inskrywings uit hierdie groepe in Afdeling A toegeken.)

Reëls en Regulasies

  1. Sluitingsdatum: Maandag, 13 Mei 2019
  2. Slegs inskrywings in AFRIKAANS word aanvaar.
  3. In die Skole-afdeling moet inskrywings HOOGSTENS 1 000 woorde wees. In die Ope Afdeling HOOGSTENS 2 500 woorde. Gedigte mag nie 40 reëls oorskry nie.
  4. Dieselfde persoon mag oor meer as een onderwerp skryf en mag oor dieselfde onderwerp meer as een inskrywing instuur.
  5. Enige getal leerders van ’n skool mag deelneem.
  6. Enige skool wat ’n groot hoeveelheid inskrywings stuur MOET asseblief skakel om te verneem of die inskrywings hul bestemming bereik het.
  7. Kragtens die Wet op Outeursreg is enige vorm van plagiaat ’n strafbare, kriminele oortreding.
  8. Bestuurslede van die BSV en die beoordeelaars, asook hul gesinslede, mag nie deelneem nie.
  9. Geen kommentaar word op individuele inskrywings gelewer nie.
  10. Die BSV behou die reg voor om alle inskrywings drie maande ná bekendmaking van die wenners te vernietig.
  11. Deelnemers in die Skole Afdeling mag ook vir die Ope Afdeling inskryf (om natuurlik op gelyke voet met daardie afdeling se deelnemers te kompeteer.) Dieselfde inskrywing mag egter nie vir verskillende afdelings gebruik word nie.
  12. Die uitslag sal nie later nie as Donderdag, 20 Junie 2019 eers telefonies en dan per brief aan die wenners bekend gemaak word. Die media sal ook van die uitslag verwittig word.
  13. Pryse word op 24 Augustus 2019 tydens die jaarlikse BSV Slypskool vir Ontluikende Skrywers in Bloemfontein oorhandig.
  14. Alle inskrywings word VOLKOME ANONIEM deur ’n paneel bevoegde beoordelaars beoordeel
  15. Slegs die deelnemer se SKUILNAAM mag op die manuskrip verskyn.
  16. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen briefwisseling word hieroor gevoer nie.
  17. Pryse word slegs toegeken as die gehalte dit regverdig.
  18. Die weninskrywings sal in ’n bundel, INKVARS 2019, opgeneem word. Die publikasie word deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging self gedra en sal tydens die BSV se jaarlikse slypskool bekendgestel en te koop aangebied word. (Benewens die reg tot opname – sonder vergoeding in hierdie bundel – berus die outeursreg volledig by die outeur.)
  19. Pryswenners, ook dié wat net eervol vermeld is, woon die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers in Bloemfontein (op 24 Augustus 2019) gratis by.
  20. Alle inskrywings moet in REKENAARDRUK / GETIK wees, in dubbelspasiëring op A4-grootte papier.
  21. Geen inskrywings per faks of e-pos sal oorweeg word nie.
  22. Bladsye moet links bo gekram wees.
  23. Inskrywings moet van ’n amptelike inskrywingsvorm vergesel wees. (’n Fotostaat of ander volledige kopie is ook aanvaarbaar.)
  24. Die inskrywingsvorm moet VOLLEDIG voltooi word. Één inskrywingsvorm kan vir ’n aantal deelnemers se inskrywings gebruik word
  25. In die Skole-afdeling moet die skool se amptelike stempel op elke inskrywingsvorms (LW: NIE OP DIE MANUSKRIPTE SELF NIE) verskyn. Geen stempel word in die Ope Afdelings vereis nie.
  26. Elke inskrywing moet ’n titelbladsy hê waarop SLEGS die onderwerp en die SKUILNAAM van die deelnemer verskyn. Hierdie besonderhede kom ook op die inskrywingsvorm, wat die enigste plek is waar die deelnemer se werklike naam verstrek word (sodat die beoordelingsproses volkome anoniem kan plaasvind.
  27. Elke inskrywing moet van inskrywingsgeld ten bedrae van R20 (TWINTIG RAND) vir skoliere en R30 (DERTIG RAND) vir volwassenes vergesel wees.
  28. ’n Skool mag ’n gesamentlike betaling vir al sy inskrywings doen. Betaling kan op een van die volgende twee wyses geskied. (LW: Donasiekoepons,Kontant of posorders is nie aanvaarbaar nie):
    1. TJEKS: Tjeks word uitgemaak aan: DIE BLOEMFONTEINSE SKRYWERSVERENIGING, en word saam met die inskrywing(s) versend.
    2. DIREKTE INBETALINGS (Verkieslik): Die geld word direk op die BSV se wedstrydrekening inbetaal en ’n fotostaat van die inbetalingstrokie word saam met die inskrywing(s) versend – terwyl die afsender die oorspronklike vir kontroledoeleindes bewaar.

 

ADRES VIR INSKRYWINGS:

Inskrywings vir die wedstryd word na die volgende adres gestuur om hul bestemming voor Maandag,13 Mei 2019 te bereik:

Skrywers 2019

p.a. NALN

Privaatsak X20543

BLOEMFONTEIN

9300

NAVRAE:

Geen inligting oor die wedstryd kan ongelukkig gefaks word nie. Vir telefoniese navrae kan die volgende Bestuurslid van die BSV geskakel word:

Mej. Roline Brits by  0792807759

 

Internetnavrae:

Stuur e-pos aan: bloemsv@gmail.com

 

BANKBESONDERHEDE:

 

Naam van rekening: Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging

Bank en Tak: ABSA, Brandwag, Bloemfontein

Takkode: 334-334

Rekeningnommer: 38016331772

Verrekeningskode: 632005

NB: Die naam van die skool en/of persoon wat die geld deponeer MOET ingevoeg word en duidelik op die depositostrokie leesbaar wees. By elektronies oorbetalings, gebruik naam as verwysing

Skrywers 2018 inligting beskikbaar

Oogmerk

Met hierdie wedstryd, wat al sedert 1979 jaarliks gereël word, wil die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) die skeppende woord- en skryfkuns in Afrikaans bevorder. (Om dit ook onder mense wat ’n ander moedertaal as Afrikaans het te bevorder, bied ons aan deelnemers die geleentheid om aan te dui of hulle hul as behorende tot hierdie groep beskou. Die beoordeling word steeds anoniem op grond van literêre meriete gedoen, maar addisionele aanmoedigingspryse word vir verdienstelike inskrywings uit hierdie groepe in Afdeling A toegeken.)

Reëls en Regulasies

  1. Sluitingsdatum: Maandag, 14 Mei 2018
  2. Slegs inskrywings in AFRIKAANS word aanvaar.
  3. In die Skole-afdeling moet inskrywings HOOGSTENS 1 000 woorde wees. In die Ope Afdeling HOOGSTENS 2 500 woorde. Gedigte mag nie 40 reëls oorskry nie.
  4. Dieselfde persoon mag oor meer as een onderwerp skryf en mag oor dieselfde onderwerp meer as een inskrywing instuur.
  5. Enige getal leerders van ’n skool mag deelneem.
  6. Enige skool wat ’n groot hoeveelheid inskrywings stuur MOET asseblief skakel om te verneem of die inskrywings hul bestemming bereik het.
  7. Kragtens die Wet op Outeursreg is enige vorm van plagiaat ’n strafbare, kriminele oortreding.
  8. Bestuurslede van die BSV en die beoordeelaars, asook hul gesinslede, mag nie deelneem nie.
  9. Geen kommentaar word op individuele inskrywings gelewer nie.
  10. Die BSV behou die reg voor om alle inskrywings drie maande ná bekendmaking van die wenners te vernietig.
  11. Deelnemers in die Skole Afdeling mag ook vir die Ope Afdeling inskryf (om natuurlik op gelyke voet met daardie afdeling se deelnemers te kompeteer.) Dieselfde inskrywing mag egter nie vir verskillende afdelings gebruik word nie.
  12. Die uitslag sal nie later nie as Woensdag, 20 Junie 2018 eers telefonies en dan per brief aan die wenners bekend gemaak word. Die media sal ook van die uitslag verwittig word.
  13. Pryse word op 25 Augustus 2018 tydens die jaarlikse BSV Slypskool vir Ontluikende Skrywers in Bloemfontein oorhandig.
  14. Alle inskrywings word VOLKOME ANONIEM deur ’n paneel bevoegde beoordelaars beoordeel
  15. Slegs die deelnemer se SKUILNAAM mag op die manuskrip verskyn.
  16. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen briefwisseling word hieroor gevoer nie.
  17. Pryse word slegs toegeken as die gehalte dit regverdig.
  18. Die weninskrywings sal in ’n bundel, INKVARS 2018, opgeneem word. Die publikasie word deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging self gedra en sal tydens die BSV se jaarlikse slypskool bekendgestel en te koop aangebied word. (Benewens die reg tot opname – sonder vergoeding in hierdie bundel – berus die outeursreg volledig by die outeur.)
  19. Pryswenners, ook dié wat net eervol vermeld is, woon die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers in Bloemfontein (op 25 Augustus 2018) gratis by.
  20. Alle inskrywings moet in REKENAARDRUK / GETIK wees, in dubbelspasiëring op A4-grootte papier.
  21. Geen inskrywings per faks of e-pos sal oorweeg word nie.
  22. Bladsye moet links bo gekram wees.
  23. Inskrywings moet van ’n amptelike inskrywingsvorm vergesel wees. (’n Fotostaat of ander volledige kopie is ook aanvaarbaar.)
  24. Die inskrywingsvorm moet VOLLEDIG voltooi word. Één inskrywingsvorm kan vir ’n aantal deelnemers se inskrywings gebruik word
  25. In die Skole-afdeling moet die skool se amptelike stempel op elke inskrywingsvorms (LW: NIE OP DIE MANUSKRIPTE SELF NIE) verskyn. Geen stempel word in die Ope Afdelings vereis nie.
  26. Elke inskrywing moet ’n titelbladsy hê waarop SLEGS die onderwerp en die SKUILNAAM van die deelnemer verskyn. Hierdie besonderhede kom ook op die inskrywingsvorm, wat die enigste plek is waar die deelnemer se werklike naam verstrek word (sodat die beoordelingsproses volkome anoniem kan plaasvind.
  27. Elke inskrywing moet van inskrywingsgeld ten bedrae van R20 (TWINTIG RAND) vir skoliere en R30 (DERTIG RAND) vir volwassenes vergesel wees.
  28. ’n Skool mag ’n gesamentlike betaling vir al sy inskrywings doen. Betaling kan op een van die volgende twee wyses geskied. (LW: Donasiekoepons,Kontant of posorders is nie aanvaarbaar nie):
    1. TJEKS: Tjeks word uitgemaak aan: DIE BLOEMFONTEINSE SKRYWERSVERENIGING, en word saam met die inskrywing(s) versend.
    2. DIREKTE INBETALINGS (Verkieslik): Die geld word direk op die BSV se wedstrydrekening inbetaal en ’n fotostaat van die inbetalingstrokie word saam met die inskrywing(s) versend – terwyl die afsender die oorspronklike vir kontroledoeleindes bewaar.

 

ADRES VIR INSKRYWINGS:

Inskrywings vir die wedstryd word na die volgende adres gestuur om hul bestemming voor Maandag,14 Mei 2018 te bereik:

Skrywers 2018

p.a. NALN

Privaatsak X20543

BLOEMFONTEIN

9300

 

NAVRAE:

Geen inligting oor die wedstryd kan ongelukkig gefaks word nie. Vir telefoniese navrae kan die volgende Bestuurslid van die BSV geskakel word:

Mej. Roline Brits by  0792807759

 

Internetnavrae:

Stuur e-pos aan: bloemsv@gmail.com

 

BANKBESONDERHEDE:

 

Naam van rekening: Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging

Bank en Tak: ABSA, Brandwag, Bloemfontein

Takkode: 334-334

Rekeningnommer: 38016331772

Verrekeningskode: 632005

NB: Die naam van die skool en/of persoon wat die geld deponeer MOET ingevoeg word en duidelik op die depositostrokie leesbaar wees. By elektronies oorbetalings, gebruik naam as verwysing

2018 Skryfwedstryd

Skrywers 2017 inligting beskikbaar

Oogmerk

Met hierdie wedstryd, wat al sedert 1979 jaarliks gereël word, wil die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) die skeppende woord- en skryfkuns in Afrikaans bevorder. (Om dit ook onder mense wat ’n ander moedertaal as Afrikaans het te bevorder, bied ons aan deelnemers die geleentheid om aan te dui of hulle hul as behorende tot hierdie groep beskou. Die beoordeling word steeds anoniem op grond van literêre meriete gedoen, maar addisionele aanmoedigingspryse word vir verdienstelike inskrywings uit hierdie groepe in Afdeling A toegeken.)

Reëls en Regulasies

  1. Sluitingsdatum: Vrydag, 12 Mei 2017
  2. Slegs inskrywings in AFRIKAANS word aanvaar.
  3. In die Skole-afdeling moet inskrywings HOOGSTENS 1 000 woorde wees. In die Ope Afdeling HOOGSTENS 2 500 woorde. Gedigte mag nie 40 reëls oorskry nie.
  4. Dieselfde persoon mag oor meer as een onderwerp skryf en mag oor dieselfde onderwerp meer as een inskrywing instuur.
  5. Enige getal leerders van ’n skool mag deelneem.
  6. Enige skool wat ’n groot hoeveelheid inskrywings stuur MOET asseblief skakel om te verneem of die inskrywings hul bestemming bereik het.
  7. Kragtens die Wet op Outeursreg is enige vorm van plagiaat ’n strafbare, kriminele oortreding.
  8. Bestuurslede van die BSV en die beoordeelaars, asook hul gesinslede, mag nie deelneem nie.
  9. Geen kommentaar word op individuele inskrywings gelewer nie.
  10. Die BSV behou die reg voor om alle inskrywings drie maande ná bekendmaking van die wenners te vernietig.
  11. Deelnemers in die Skole Afdeling mag ook vir die Ope Afdeling inskryf (om natuurlik op gelyke voet met daardie afdeling se deelnemers te kompeteer.) Dieselfde inskrywing mag egter nie vir verskillende afdelings gebruik word nie.
  12. Die uitslag sal nie later nie as Maandag, 19 Junie 2017 eers telefonies en dan per brief aan die wenners bekend gemaak word. Die media sal ook van die uitslag verwittig word.
  13. Pryse word op 19 Augustus 2017 tydens die jaarlikse BSV Slypskool vir Ontluikende Skrywers in Bloemfontein oorhandig.
  14. Alle inskrywings word VOLKOME ANONIEM deur ’n paneel bevoegde beoordelaars beoordeel
  15. Slegs die deelnemer se SKUILNAAM mag op die manuskrip verskyn.
  16. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen briefwisseling word hieroor gevoer nie.
  17. Pryse word slegs toegeken as die gehalte dit regverdig.
  18. Die weninskrywings sal in ’n bundel, INKVARS 2017, opgeneem word. Die publikasie word deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging self gedra en sal tydens die BSV se jaarlikse slypskool bekendgestel en te koop aangebied word. (Benewens die reg tot opname – sonder vergoeding in hierdie bundel – berus die outeursreg volledig by die outeur.)
  19. Pryswenners, ook dié wat net eervol vermeld is, woon die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers in Bloemfontein (op 19 Augustus 2017) gratis by.
  20. Alle inskrywings moet in REKENAARDRUK / GETIK wees, in dubbelspasiëring op A4-grootte papier.
  21. Geen inskrywings per faks of e-pos sal oorweeg word nie.
  22. Bladsye moet links bo gekram wees.
  23. Inskrywings moet van ’n amptelike inskrywingsvorm vergesel wees. (’n Fotostaat of ander volledige kopie is ook aanvaarbaar.)
  24. Die inskrywingsvorm moet VOLLEDIG voltooi word. Één inskrywingsvorm kan vir ’n aantal deelnemers se inskrywings gebruik word
  25. In die Skole-afdeling moet die skool se amptelike stempel op elke inskrywingsvorms (LW: NIE OP DIE MANUSKRIPTE SELF NIE) verskyn. Geen stempel word in die Ope Afdelings vereis nie.
  26. Elke inskrywing moet ’n titelbladsy hê waarop SLEGS die onderwerp en die SKUILNAAM van die deelnemer verskyn. Hierdie besonderhede kom ook op die inskrywingsvorm, wat die enigste plek is waar die deelnemer se werklike naam verstrek word (sodat die beoordelingsproses volkome anoniem kan plaasvind.
  27. Elke inskrywing moet van inskrywingsgeld ten bedrae van R10 (TIEN RAND) vir skoliere en R20 (TWINTIG RAND) vir volwassenes vergesel wees.
  28. ’n Skool mag ’n gesamentlike betaling vir al sy inskrywings doen. Betaling kan op een van die volgende twee wyses geskied. (LW: Donasiekoepons,Kontant of posorders is nie aanvaarbaar nie):
    1. TJEKS: Tjeks word uitgemaak aan: DIE BLOEMFONTEINSE SKRYWERSVERENIGING, en word saam met die inskrywing(s) versend.
    2. DIREKTE INBETALINGS (Verkieslik): Die geld word direk op die BSV se wedstrydrekening inbetaal en ’n fotostaat van die inbetalingstrokie word saam met die inskrywing(s) versend – terwyl die afsender die oorspronklike vir kontroledoeleindes bewaar.

 

ADRES VIR INSKRYWINGS:

Inskrywings vir die wedstryd word na die volgende adres gestuur om hul bestemming voor Vrydag,12 Mei 2017 te bereik:

Skrywers 2017

p.a. NALN

Privaatsak X20543

BLOEMFONTEIN

9300

 

NAVRAE:

Geen inligting oor die wedstryd kan ongelukkig gefaks word nie. Vir telefoniese navrae kan die volgende Bestuurslid van die BSV geskakel word:

Mej. Roline Brits by  0792807759

 

Internetnavrae:

Stuur e-pos aan: bloemsv@gmail.com

 

BANKBESONDERHEDE:

 

Naam van rekening: Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging

Bank en Tak: ABSA, Brandwag, Bloemfontein

Takkode: 334-334

Rekeningnommer: 38016331772

Verrekeningskode: 632005

NB: Die naam van die skool en/of persoon wat die geld deponeer MOET ingevoeg word en duidelik op die depositostrokie leesbaar wees. By elektronies oorbetalings, gebruik naam as verwysing

Skrywers 2017 inligting

Inskrywingsvorm 2017 Skole

Inskrywingsvorm 2017 Volwassenes