Skrywers 2017 inligting beskikbaar

Oogmerk

Met hierdie wedstryd, wat al sedert 1979 jaarliks gereël word, wil die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) die skeppende woord- en skryfkuns in Afrikaans bevorder. (Om dit ook onder mense wat ’n ander moedertaal as Afrikaans het te bevorder, bied ons aan deelnemers die geleentheid om aan te dui of hulle hul as behorende tot hierdie groep beskou. Die beoordeling word steeds anoniem op grond van literêre meriete gedoen, maar addisionele aanmoedigingspryse word vir verdienstelike inskrywings uit hierdie groepe in Afdeling A toegeken.)

Reëls en Regulasies

  1. Sluitingsdatum: Vrydag, 12 Mei 2017
  2. Slegs inskrywings in AFRIKAANS word aanvaar.
  3. In die Skole-afdeling moet inskrywings HOOGSTENS 1 000 woorde wees. In die Ope Afdeling HOOGSTENS 2 500 woorde. Gedigte mag nie 40 reëls oorskry nie.
  4. Dieselfde persoon mag oor meer as een onderwerp skryf en mag oor dieselfde onderwerp meer as een inskrywing instuur.
  5. Enige getal leerders van ’n skool mag deelneem.
  6. Enige skool wat ’n groot hoeveelheid inskrywings stuur MOET asseblief skakel om te verneem of die inskrywings hul bestemming bereik het.
  7. Kragtens die Wet op Outeursreg is enige vorm van plagiaat ’n strafbare, kriminele oortreding.
  8. Bestuurslede van die BSV en die beoordeelaars, asook hul gesinslede, mag nie deelneem nie.
  9. Geen kommentaar word op individuele inskrywings gelewer nie.
  10. Die BSV behou die reg voor om alle inskrywings drie maande ná bekendmaking van die wenners te vernietig.
  11. Deelnemers in die Skole Afdeling mag ook vir die Ope Afdeling inskryf (om natuurlik op gelyke voet met daardie afdeling se deelnemers te kompeteer.) Dieselfde inskrywing mag egter nie vir verskillende afdelings gebruik word nie.
  12. Die uitslag sal nie later nie as Maandag, 19 Junie 2017 eers telefonies en dan per brief aan die wenners bekend gemaak word. Die media sal ook van die uitslag verwittig word.
  13. Pryse word op 19 Augustus 2017 tydens die jaarlikse BSV Slypskool vir Ontluikende Skrywers in Bloemfontein oorhandig.
  14. Alle inskrywings word VOLKOME ANONIEM deur ’n paneel bevoegde beoordelaars beoordeel
  15. Slegs die deelnemer se SKUILNAAM mag op die manuskrip verskyn.
  16. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen briefwisseling word hieroor gevoer nie.
  17. Pryse word slegs toegeken as die gehalte dit regverdig.
  18. Die weninskrywings sal in ’n bundel, INKVARS 2017, opgeneem word. Die publikasie word deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging self gedra en sal tydens die BSV se jaarlikse slypskool bekendgestel en te koop aangebied word. (Benewens die reg tot opname – sonder vergoeding in hierdie bundel – berus die outeursreg volledig by die outeur.)
  19. Pryswenners, ook dié wat net eervol vermeld is, woon die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers in Bloemfontein (op 19 Augustus 2017) gratis by.
  20. Alle inskrywings moet in REKENAARDRUK / GETIK wees, in dubbelspasiëring op A4-grootte papier.
  21. Geen inskrywings per faks of e-pos sal oorweeg word nie.
  22. Bladsye moet links bo gekram wees.
  23. Inskrywings moet van ’n amptelike inskrywingsvorm vergesel wees. (’n Fotostaat of ander volledige kopie is ook aanvaarbaar.)
  24. Die inskrywingsvorm moet VOLLEDIG voltooi word. Één inskrywingsvorm kan vir ’n aantal deelnemers se inskrywings gebruik word
  25. In die Skole-afdeling moet die skool se amptelike stempel op elke inskrywingsvorms (LW: NIE OP DIE MANUSKRIPTE SELF NIE) verskyn. Geen stempel word in die Ope Afdelings vereis nie.
  26. Elke inskrywing moet ’n titelbladsy hê waarop SLEGS die onderwerp en die SKUILNAAM van die deelnemer verskyn. Hierdie besonderhede kom ook op die inskrywingsvorm, wat die enigste plek is waar die deelnemer se werklike naam verstrek word (sodat die beoordelingsproses volkome anoniem kan plaasvind.
  27. Elke inskrywing moet van inskrywingsgeld ten bedrae van R10 (TIEN RAND) vir skoliere en R20 (TWINTIG RAND) vir volwassenes vergesel wees.
  28. ’n Skool mag ’n gesamentlike betaling vir al sy inskrywings doen. Betaling kan op een van die volgende twee wyses geskied. (LW: Donasiekoepons,Kontant of posorders is nie aanvaarbaar nie):
    1. TJEKS: Tjeks word uitgemaak aan: DIE BLOEMFONTEINSE SKRYWERSVERENIGING, en word saam met die inskrywing(s) versend.
    2. DIREKTE INBETALINGS (Verkieslik): Die geld word direk op die BSV se wedstrydrekening inbetaal en ’n fotostaat van die inbetalingstrokie word saam met die inskrywing(s) versend – terwyl die afsender die oorspronklike vir kontroledoeleindes bewaar.

 

ADRES VIR INSKRYWINGS:

Inskrywings vir die wedstryd word na die volgende adres gestuur om hul bestemming voor Vrydag,12 Mei 2017 te bereik:

Skrywers 2017

p.a. NALN

Privaatsak X20543

BLOEMFONTEIN

9300

 

NAVRAE:

Geen inligting oor die wedstryd kan ongelukkig gefaks word nie. Vir telefoniese navrae kan die volgende Bestuurslid van die BSV geskakel word:

Mej. Roline Brits by  0792807759

 

Internetnavrae:

Stuur e-pos aan: bloemsv@gmail.com

 

BANKBESONDERHEDE:

 

Naam van rekening: Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging

Bank en Tak: ABSA, Brandwag, Bloemfontein

Takkode: 334-334

Rekeningnommer: 38016331772

Verrekeningskode: 632005

NB: Die naam van die skool en/of persoon wat die geld deponeer MOET ingevoeg word en duidelik op die depositostrokie leesbaar wees. By elektronies oorbetalings, gebruik naam as verwysing

Skrywers 2017 inligting

Inskrywingsvorm 2017 Skole

Inskrywingsvorm 2017 Volwassenes