Slypskool 2014

Die Bloemfonteinse skrywersvereniging se jaarlikse slypskool word hierdie jaar op 23 Augustus 2014 deur Chanette Paul aangebied. Chanette is vir die laaste twee jaar aangewys was die Lekkerlit-skrywer van die jaar.Chanette Paul

Die koste vir die slypskool is R300 vir nie-lede en R160 vir BSV-lede. Om te bespreek stuur ‘n e-pos aan Lelani Fourie by bloemsv@gmail.com of kontak haar by 0733883377.

Meer oor Chanette;

Chanette Paul word rond en bont groot. Haar eerste skryfsukses kom op sestien, naamlik ’n sprokie wat op Siembamba voorgelees is, en in haar universiteitsjare word ’n kortverhaal in Huisgenoot gepubliseer. Eers twintig jaar later, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien is ’n verskeidenheid verhale en humorartikels, en vier en dertig boeke gepubliseer. Benewens ’n MA-graad in Afrikaanse en Nederlandse Letterkunde (1988), verwerf sy ook in 2003 ’n MA-graad in Skeppende Skryfwerk onder leiding van prof. Etienne van Heerden. Vir haar debuutromanse ontvang sy Perskor se prys vir beste romantiese fiksie. In 1999 en 2006 is Wip van die droomvanger en Leila word lig onderskeidelik finaliste vir die ATKV-Prosaprys, en in 2010 is die derde Gys Niemand-boek, Boheem, finalis vir die ATKV se Woordveertjies in die spanningsromankategorie. Met die eerste in die Gys Niemand-reeks, Springgety, betree Chanette die spanningsmark in alles erns en dit bring ’n waterskeiding in haar skryfwerk mee. Dis nie die eerste keer dat sy haar in ’n nuwe genre begewe nie, maar die skryf van spanningsromans was ’n ingrypende koersverandering. Chanette woon die afgelope paar jaar in die Overberg waar sy met allerlei storiedinge bedrywig is. Besoek haar webwerf by http://www.chanettepaul.co.za en gesels met haar op haar blog: http://chanettepaul.wordpress.com

Wenners van Skrywers 2014

Wenners van Nasionale Skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, Skrywers 2014, bekend gemaak

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse nasionale skryfwedstryd, vanjaar weer geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en gedeeltelik geadministreer deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln), het weer vanjaar honderde inskrywings uit alle provinsies van Suid-Afrika en van oorsee opgelewer Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), is dit weer eens ’n bewys dat hierdie gevestigde skryfwedstryd ’n nasionale (en selfs internasionale) profiel toon en ’n baie belangrike bydrae lewer tot ’n belangstelling in kreatiewe skryfkuns in Afrikaans onder oud en jonk. Die BSV kan met trots terugkyk na ’n hele lys gerekende en bekroonde skrywers wie se sluimerende skryftalent aanvanklik deur die BSV-skryfwedstryd uitgewys en daarna met ’n slypskool ontwikkel is.

 

Altesaam R15 000 se pryse is vanjaar deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV uitgeloof en vyf BSV-wisseltrofeë vir skole was op die spel. Hoërskool D.F. Malan het vanjaar vier wisseltrofeë, asook die prys vir die skool met die meeste inskrywings, ingepalm – ’n jarelange rekord waarop hul trots is en wat moeilik deur ander skole geëwenaar gaan word. Hoërskool Jim Fouché het die Poësie Skoletrofee ingepalm met ’n eerste en tweede plek in poësie. Heel ongewoon was ’n aanmoedigingsprys vir ’n laerskoolleerder, 12 jaar oud, van Universitas Primêr wat teen hoërskoolleerders deelgeneem het.

Al die bekroonde inskrywings en ook die beoordelaarsverslae sal in Inkvars 2014 gebundel word en op 23 Augustus 2014 uitgereik word wanneer die pryse op die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers, geborg deur Afriforum, by die Noorderbloemsaal in Bloemfontein oorhandig word. Benewens die prysgeld en trofeë, kan die skryfwedstrydwenners ’n daglange slypskool onder leiding van Chanette Paul, wat nie net Lapa-uitgewers se gewildste Lekkerlitskrywer is nie, maar ook vanuit ’n uitgewersperspektief kan praat, as deel van hul prys gratis bywoon. Beskikbare plekke vir die publiek is alreeds besig om vinnig minder te word. Belangstellendes wat die slypskool teen R300 wil bywoon (BSV-lede betaal R160), of Inkvars 2014 teen R80 per eksemplaar wil aanskaf, kan Lelani Fourie (BSV-sekretaresse) by bloemsv@gmail.com, of sel. 0733883377 kontak.

 

Wenners van die BSV se “Skrywers 2014” is:

SKOLE-AFDELING (A):

JUNIOR AFDELING (gr. 8 en 9)

1ste (R1200) en trofee: Christi Barkema, gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

2de (R700):                  Dominic Roux, gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

3de (R400):                   Marize Meyer, gr. 9, Oranje Meisieskool, Bloemfontein.

Eervol vermeld:            Izel van Zyl, gr. 9, Oranje Meisieskool, Bloemfontein.

 

SENIOR AFDELING (gr. 10 – 12)

1ste (R1 400) en trofee: Carli Blignaut, gr. 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

2de (R800):                    Zanré van Staden, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

3de (R500):                    Simònn Meyer gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Eervol vermeld:            Anneke Tucker, gr. 10, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

 

ALGEHELE SKOLE-PROSAWENNER: Carli Blignaut, gr. 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

 

OPE AFDELING DS (Poësie Skole):

1ste (R1 400) en trofee: Jemima Meyer, gr. 11, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein.

2de (R700):                    Handré Jankowitz, gr. 10, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein.

Aanmoedigingsprys:      Elize Hoffman, 12-jarige, Universitas Primêr, Bloemfontein.

 

OPE AFDELING B (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie):

1ste (R1400) en trofee: Jan Beyers, Dan Pienaar, Bloemfontein.

2 de (R800):                 Fred Charly, Lichtenburg.

Eervol vermeld:            Jan Beyers, Dan Pienaar, Bloemfontein.

 

OPE AFDELING C (Voorheen gepubliseer teen vergoeding):

1ste (R1 400) en trofee: Mev. Elize Zeeman-Olivier, ‘sGravenzande, Nederland.

2de (R800):                   Dr. Dunes van der Merwe, Strand.

Eervol vermeld:            Mnr. Coen Basson, Oudtshoorn.

 

OPE AFDELING D (Poësie):

1ste (R1 400) en trofee: Mev. Hilda A. Smits, Nashville, VSA.

2de (R800):                    Me. Karen van Vuuren, Woodland Hills, Bloemfontein.

Eervol vermeld:            Mnr. Leunis van Rooyen, Brixton.

 

TROFEË:

HAUM-Literêr-trofee vir skool van wenner in Junior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in Senior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Vrystaat-wisseltrofee vir skool met meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Poësie Skoletrofee vir skool van wenner in poësie: Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein.

Wisseltrofeë vir die drie Ope-afdelings word ook aan individuele eerstepryswenners toegeken.