2012 Francois Bloemhof

BSV Slypskool met Francois Bloemhof bied genoeg pitkos en padkos vir skryfwedstrydwenners en slypskoolgangers

Skrywers 2012 wenners
Skrywers 2012 wenners

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV)  het op sy jaarlikse nasionale Slypskool vir Ontluikende Skrywers, wat vanjaar deur Francois Bloemhof in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) aangebied is, die wenners van die landswye BSV Skryfwedstryd, geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV, vereer. Elkeen het sertifikate, kontantpryse en ‘n kopie van Inkvars, die publikasie met die weninskrywings en beoordelaarsverlslae, ontvang en algehele wenners is ook met wisseltrofeë vereer. Elke wenner het ook die BSV Slypskool as deel van hul prys saam met ander slypskoolgangers gratis bygewoon. Van links is, voor mev. Irene Raath van Langenhovenpark (eerste prys in poësie), Suzanne Jacobs van die Hoërskool Menlopark, (gr. 9), Pretoria, (Eervol vermeld in prosa, skole – juniors), me. Magdaleen van Zyl, Piketberg, (tweede prys in poësie), mnr. Otto Liebenberg (kurator van NALN); tweede ry: Christel van der Linde, Hoërskool Burgersdorp (gr. 11), Burgersdorp, (Eervol vermeld in die ope afdeling, poësie), Michelle Viljoen van die Hoër Meisieskool Oranje,  gr. 11, Bloemfontein, (derde prys in prosa, skole – seniors), prof. Lucius Botes (dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV en borg van die wedstryd), Corlietha Swart (voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging en ook dosent aan die UV); derde ry: mnr. Dunes van der Merwe, Strand (tweede prys, Afdeling C vir reeds gepubliseerdes), dr. Hannes Haasbroek, Fichardtpark, Bloemfontein (eerste prys in afdeling C vir reeds gepubliseerdes); vierde ry: mnr. Dionne Crafford, Langenhovenpark, Bloemfontein (tweede prys, afdeling B vir ongepubliseerdes), mnr. Jan Beyers, Dan Pienaar, Bloemfontein (eerste prys, Afdeling B vir ongepubliseerdes), mnr. James Roux, Hluhluwe, (Eervol vermeld in afdeling. C vir reeds gepubliseerdes).

Slypskool 2012
Slypskool 2012

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV)  het op Saterdag, 25 Augustus 2012 die  jaarlikse Nasionale Slypskool vir Ontluikende Skrywers, wat vanjaar deur Francois Bloemhof in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) aangebied is en geborg is deur Afriforum, aangebied. By hierdie geleentheid was voor, van links, mnr. Otto Liebenberg (kurator van NALN), prof. Lucius Botes (dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en borg van die nasionale BSV-Skryfwedstryd),  Corlietha Swart (voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging en ook dosent aan die UV), mej. Anri Bredenkamp (skakelpersoon van die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV); agter: mnr. Sybie Kleynhans, die BSV-Beurshouer vir 2012 en die rillerskrywer, Francois Bloemhof, aanbieder van die BSV Slypskool 2012. Die meer as 70 slypskoolgangers (die jongste 12 jaar oud en die oudste oor die 80) was afkomstig vanoor die hele land en het entoesiasties deelgeneem aan Bloemhof se lewendige besprekings en praktiese sessies uit mediaberigte.

BSV Bestuur saam met Francois Bloemhof
BSV Bestuur saam met Francois Bloemhof

Enkele bestuurslede van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging by die rillerskrywer, Francois Bloemhof, wat Saterdag die  jaarlikse Nasionale Slypskool vir Ontluikende Skrywers  in die ouditorium van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) ssngebied het. Van links na regs: Corlietha Swart (voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging en UV-dosent), Bloemhof, mev. Elmien van den Berg (BSV-bestuurslid) en mej. Lelani Fourie (sekretaresse en tesourier van die BSV). Slypskoolgangers het van regoor die land gekom en die wenners van die landswye skryfwedstryd, waarby die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV ook betrokke is, is ook tydens dié geleentheid vereer. Uit die evalueringsvorms was dit duidelik dat die slypskoolgangers die skrywersryke NALN-milieu en uitstallings geweldig interessant gevind het en Bloemhof hul genoeg  pitkos en padkos op hul skrywerspaadjies gegee het om nog lank aan te peusel…

One thought on “2012 Francois Bloemhof

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s