Slypskool vir Ontluikende skrywers
Sedert 1989 word ‘n jaarlikse slypskool in kreatiewe skryfwerk op ‘n Saterdagoggend in Augustus aangebied.
Wenners van geldpryse in die skryfwedstryd woon die slypskool gratis by.
Van die mense wat al die slypskool gelei het, is Deon Meyer (in 2015), Chanette Paul (in 2014) prof. Leon van Nierop (in 2013), Francios Bloemhof (in 2012), Irma Joubert (in 2011), dr. P.G. du Plessis (in 2010), Abraham H. de Vries, Hettie Scholtz, prof. Hans du Plessis(in 2009) vroeër verbonde aan die ATKV-Skryfskool aan die Noordwes-Universiteit, Jan Scholtz, Maretha Maartens, Berna Ackerman, Nico Luwes, Bernard Odendaal, Leon van Nierop, Margaret Bakkes, Annelie Botes en ’n hele paar uitgewers.
Belangstellendes kan me. Lelani Fourie (Sekretaresse/ Tesourier) by 0733883377 skakel om plek te bespreek.
