Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), bevestig die uitslae van vanjaar se Nasionale Skryfwedstryd van die BSV, Skrywers 2011, weereens die nasionale, of eerder internasionale statuur van hierdie 32-jaar oue skryfwedstryd met wenners uit alle uithoeke van die land en selfs vanaf Londen, Engeland en s’Gravenzande, Nederland.
Die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat het vir die tweede agtereenvolgende jaar as borg van hierdie nasionale skryfwedstryd opgetree en die wedstrydpos is deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) geadministreer.
Vanjaar het die tweede meeste inskrywings die afgelope 32 jaar opgelewer. Meer as R12 000 se pryse is vanjaar uitgeloof en vier wisseltrofeë vir skole was op die spel. Soos gewoonlik het Hoërskool D.F. Malan, Belville, vanjaar twee wisseltrofeë, asook die prys vir die skool met die meeste inskrywings, ingepalm. Hoërskool Parys het egter vanjaar vir ‘n verrassing gesorg deur die wenner van die senior skole-afdeling en ook die algehele skolewenner op te lewer en hierdie Vrystaatskool stap vanjaar met die ander twee wisseltrofeë uitstalkas toe. Buiten vir die prysgeld en trofeë, sal al die wenners en eervol vermeldes die slypskool, as deel van hul prys, gratis bywoon.
Die wenners van “Skrywers 2011” is:
SKOLE-AFDELING (A):
JUNIOR AFDELING (gr. 8 en 9)
1ste (R800) en trofee: Marita Viljoen gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
2de (R600): Nina du Preez gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
3de (R400): Gerard van Rooyen gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
Eervol vermeld: Zanré van Staden gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
SENIOR AFDELING (gr. 10 – 12)
1ste (R1 000) en trofee: Fralize Fouché gr. 12 Hoërskool Parys
2de (R700): Dewald Burger gr. 12, HTS Drostdy Worcester
3de (R500): Johan Human gr. 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
Eervol vermeld: Linki Scholtz gr. 11, C & N Sekondêre Meisieskool Oranje,
Bloemfontein
ALGEHELE SKOLEWENNER: Fralize Fouché gr. 12 Hoërskool Parys.
OPE AFDELING B (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie):
1ste (R1000): Mev. Elize Zeeman-Olivier, ‘sGravenzande, Nederland
2 de (R800): Dr. Evert Louw, Oatlands
3 de (R600): Mnr. Hannes Visser, George
Eervol vermeld: Mev. Marthie Mans, Westerbloem, Brandhof, Bloemfontein
Eervol vermeld: Mnr. Landes Berg, Springs, Gauteng
OPE AFDELING C (Voorheen gepubliseer teen vergoeding):
1ste (R1 000): Mnr. Nic Viljoen, Jeffreysbaai
2de (R800): Mev. Santie van der Merwe, Wierdapark
Eervol vermeld: Me. Anneretha Combrink, Queenswood, Pretoria
OPE AFDELING D (Poësie):
1ste (R1 000) en trofee: Me. Hilda A. Smits, Londen, Groot-Brittanje
2de (R800): Mev. Ronelle Ceronio, Universitas, Bloemfontein
3de (R500): (gesamentlik) Mnr. Gert Christiaan Cruywagen, Centurion
3de (R500): (gesamentlik) Mev. Magda van der Merwe, Klerksdorp
Eervol vermeld: Mev. Ronelle Ceronio, Universitas, Bloemfontein
Eervol vermeld: Mnr. Ferdi Schenck, Moreletapark
AANMOEDIGINGSPRYSE VIR NIE-AFRIKAANSSPREKENDES (R250 en gratis slypskoolbywoning):
Mej. Asmie Masetle (Setswanasprekend), gr. 11, Potchefstroom Secondary School
Mnr. Winston Ash, (Engelssprekend), Mondeor
TROFEË:
HAUM-Literêr-wisseltrofee vir skool van wenner in Junior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in Senior Afdeling: Hoërskool Parys
Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Hoërskool Parys
Vrystaat-wisseltrofee vir skool met meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Al die bekroonde inskrywings en beoordelaarsverslae sal in Inkvars 2011 gebundel word wat op 20 Augustus 2011 uitgereik word wanneer die pryse op die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers by die Noorderbloem-aftree-oord in Bloemfontein oorhandig word. Die bekende skrywer en vanjaar se BSV-Slypskoolaanbieder, mev. Irma Joubert, beloof ‘n interaktiewe slypskool waartydens onder andere koerante as stimulus vir kreatiewe skryfwerk ingespan sal word. Belangstellendes wat die slypskool wil bywoon, of Inkvars 2011 wil bestel, kan me. Lelani Fourie (BSV-sekretaresse/ tesourier) by bloemsv@gmail.com of by 0733883377 kontak.