2016 Skryfwedstryd

Die nuwe BSV-jaar beloof om in 2016 weer vele hoogtepunte op te lewer, met die Nasionale BSV-Skryfwedstryd 2016 wat weer geborg word deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat, hierdie keer met ’n hele R18 000 prysgeld.

Die nodige dokumente is hier beskikbaar:

Skrywers 2016  :  BSV Skryfwedstrydpamflet 2016

Inskrywingsvorm : Skole  Inskrywingsvorm 2016 Jnr & Snr

Inskrywingsvorm: Ope afdelings   Inskrywingsvorm 2016 ope afdelings

 

Hier onder volg die temas vir dié wedstryd:

SKOLE: Junior Afdeling  (AJ)

  1. Spek en eiers op Mars.
  2. Wanneer Kersvader sy geskenke vergeet …
  3. “Aardbewoners, ons kom in vrede!”
  4. Die boomhuis.
  5. Die St. Bernard-skoothond.
  6. Hompie Kedompie se laaste dag.

SKOLE: Senior Afdeling (AS)

  1. Agter die masker.
  2. Daardie winkelpop lééf!
  3. Die gesig van armoede.
  4. Blikbrein.
  5. Moderne sprokie(s).
  6. Geheim van die delwersdorp-museum.

OPE: Afdeling B – Ongepubliseerd

  1. Klokke in die vallei.
  2. ‘n Seilskip genaamd “Die Seeheks”.
  3. Versoek uit die graf.
  4. Koevert agter die skildery.
  5. Familievloek.
  6. Visstok- en katrolstaaltjies.

OPE: Afdeling C – Gepubliseerd

  1. Joernalis aan die oorlogsfront.
  2. Die bloed in my joernaal.
  3. Die duiwel is in die fynskrif.
  4. Die waarheid van die mite.
  5. Nuwe blomme op ‘n ou graf.
  6. Wat het geword van Vlug SAA9895?

OPE & SKOLE: Afdeling D & DS – Poësie

  1. Eie keuse.
  2. Die spel van lig en skadu.
  3. Droogte.
  4. Fyn porselein.
  5. Identiteit.
  6. Waar meteoriete verskiet.