Vanjaar is weer geen uitsondering nie – daar is weer ‘n paar wonderlike temas om die gedagtes op loop te sit en die vingers sommer kriewelrig te maak om te skryf!
Skryf ‘n kortverhaal, kort-kortverhaal, skets of opstel oor enige of sommer al die onderwerpe! Daar is tot onderwerpe vir gedigte wat so reg in elkeen se kraal sal pas! Vir meer inligting rondom die kompetisie asook die inskrywingsvorms stuur ‘n e-pos aan bloemsv@gmail.com
Hier is ons temas vir 2014:
SKOLE: JUNIORS (Gr.8 en 9)
‘n Titseltjie towerkrag.
‘n Hond met ‘n humorsin.
Geraamte(s).
Het jy die nuwe onnie gesien?!
Maanlanding 2025.
Die vreemde skool.
SKOLE: SENIORS (Gr.10 tot 12)
Aangenome kind.
Stad onder die see.
Die plaashuisspook.
Van watter planeet?!
Is jy méns, of masjien?
Op die bloedspoor…
OPE: Afdeling B: Ongepubliseerde Skrywers
Moord agter die koraalrif.
Die legende van die eenarmbobbejaan.
‘n Onvergeetlike reünie.
‘n Kriminele brein.
‘n Skeepskaptein se joernaal.
‘n Kerskaartjie na vyf jaar.
OPE: Afdeling C: Gepubliseerde Skrywers (Skrywers wat al teen vergoeding gepubliseer het)
Die graf binne die klipkraal.
Toer deur die Heilige Land.
Ruïne.
Tussen daisies in Namakwaland.
Haar wit serp.
Ek was ‘n moordenaar…
Afdeling D en DS : OPE: Poësie en SKOLE: Poësie
Eie keuse.
Droogte.
Angs.
Lugkastele.
Hekke.
Bomskok.