2018 Skryfwedstryd

Die nuwe BSV-jaar beloof om in 2018 weer vele hoogtepunte op te lewer, met die Nasionale BSV-Skryfwedstryd 2018 wat weer geborg word deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat, hierdie keer met ’n hele R18 000 prysgeld.

Die nodige dokumente is hier beskikbaar:

Skrywers 2018  :  Skryfwedstryd pamflet 2018

Inskrywingsvorm : Skole  Inskrywingsvorm 2018 Jnr & Snr

Inskrywingsvorm: Ope afdelings   Inskrywingsvorm 2018 ope afdelings

Hier onder volg die temas vir dié wedstryd:

SKOLE: Junior Afdeling  (AJ)

  1. Sien jou pouse…
  2. Die fietsdief.
  3. Die jaar 2552.
  4. Alleen verby die begraafplaas…
  5. Towertapyt.
  6. Stokkiesdraai.

SKOLE: Senior Afdeling (AS)

  1. As ‘n ou en jong siel ontmoet.
  2. Brugjaar na Matriek.
  3. Tafelberg vertel…
  4. Toegegooi onder tegnologie.
  5. Ek word dopgehou.
  6. Wonderwêreld onder die see.

OPE: Afdeling B – Ongepubliseerd

  1. Geheim van die seegrot.
  2. Geveg met die “Groot K”.
  3. Skriknag.
  4. Die Boggom van Boggomsbaai…
  5. Bruid op ‘n donkie.
  6. Besoekers.

OPE: Afdeling C – Gepubliseerd

  1. Geheueverlies…Of nie?
  2. ‘n Karoodorp met oemf!
  3. ‘n Suksesvolle egskeiding.
  4. Petrus by die Poort.
  5. Kuierkombuis.
  6. My kind, die krimineel

OPE & SKOLE: Afdeling D & DS – Poësie

  1. Eie keuse.
  2. Ode aan Afrika
  3. Die wonder van die lewe.
  4. Vlammehel.
  5. Gestolde tyd.
  6. Vissermansgebed

 

Advertisements