2013 Skryfwedstryd

Al die bekroonde inskrywings en ook die beoordelaarsverslae sal in Inkvars 2013 gebundel word en op 24 Augustus 2013 uitgereik word wanneer die pryse op die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers by die NALN in Bloemfontein oorhandig word. Benewens die prysgeld en trofeë, kan die skryfwedstrydwenners ‘n daglange slypskool onder leiding van prof. Leon van Nierop as deel van hul prys gratis bywoon. Groot opgewondenheid heers oor die koms van hierdie bekende en gewilde filmresensent, radiodramaturg, skrywer en dosent. Beskikbare plekke is alreeds besig om vinnig minder te word. Belangstellendes wat die slypskool teen R250 wil bywoon (BSV-lede betaal R130), of Inkvars 2013 teen R75 per eksemplaar wil aanskaf, kan Lelani Fourie (BSV-sekretaresse) by bloemsv@gmail.com , of sel. 0733883377 kontak.

 

Wenners van “Skrywers 2013” is:

SKOLE-AFDELING (A):

JUNIOR AFDELING (gr. 8 en 9)

1ste (R1200) en trofee: Bernedette Botha, gr. 8, Hoërskool Outeniqua, George.

2de (R700):                   Roché Oosthuizen, gr. 9, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

3de (R400):                   Janemi Swart, gr. 8, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Eervol vermeld:             Erik Pretorius, gr. 8, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

SENIOR AFDELING (gr. 10 – 12)

1ste (R1 400) en trofee: Gina Barkema, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

2de (R800):                    Bianca Burger, gr. 12, Hoërskool Swartland, Malmesbury.

3de (R500):                    Emma J. van Rensburg, gr. 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Eervol vermeld:              Nina du Preez, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

ALGEHELE SKOLE-PROSAWENNER: Gina Barkema, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

 

OPE AFDELING DS (Poësie Skole):

1ste (R1 400) en trofee: Anje Venter, Eunice Hoërskool, Bloemfontein, Gr. 12.

2de (R700):                    Anita Jonker, Hoërskool Durbanville, Durbanville, Gr. 12.

Eervol vermeld:             Lourien Leeuwner, Hoër Landbouskool, Jacobsdal, gr. 10.

OPE AFDELING B (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie):

1ste (R1400) en trofee: Mnr. Hannes Visser, Oudtshoorn.

2 de (R800):                  Mnr. J.P. Kruger, George.

Eervol vermeld:             Mev. Henriette Gertenbach-Fowler, Graaff-Reinet.

OPE AFDELING C (Voorheen gepubliseer teen vergoeding):

1ste (R1 400) en trofee: Mev. Elize Zeeman-Olivier, ‘sGravenzande, Nederland.

2de (R800):                    Mev. Marianne Venter, Hatfield, Pretoria.

Eervol vermeld:             Mev. Marie Cloete, Stellenbosch.

OPE AFDELING D (Poësie):

1ste (R1 400) en trofee: Mev. Ode Krige, Stellenbosch.

2de (R800):                    Mnr. Hannes Visser, Oudtshoorn.

Eervol vermeld:             Mev. Gisela Ullyatt, Heuwelsig, Bloemfontein.

TROFEË:

HAUM-Literêr-trofee vir skool van wenner in Junior Afdeling: Hoërskool Outeniqua, George.

Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in Senior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Vrystaat-wisseltrofee vir skool met meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool D.F. Malan, Bellville.

Poësie Skoletrofee vir skool van wenner in poësie: Eunice Hoërskool, Bloemfontein.

Wisseltrofeë vir die drie Ope-afdelings word ook aan individuele eerstepryswenners toegeken.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s