Lidmaatskap

Lidmaatskap is nie beperk tot professionele of “literêre” skrywers nie, en voornemende skrywers is net so welkom.

o Die ledetal – volwassenes, studente en skoolkinders – wissel rondom 170 landswyd, met net sowat 30 wat gereeld byeenkomste in Bloemfontein (weens afstand) kan bywoon.

o Sommige lede woon in Bloemfontein, maar daar was al lede uit omtrent al die provinsies (plekke soos Stellenbosch, Port Elizabeth, Pretoria, De Aar, Jan Kempdorp, ens.) – selfs uit Namibië en Nederland!

o Die lede vorm ‘n gesellige vriendekring wat mekaar inspireer om te skryf en mekaar met raad en daad ondersteun.

o Vroeëre en huidige lede sluit skrywers in soos prof. P.J. Nienaber, prof. Gerhard J. Beukes (die eerste beskermheer), dr. Berna Ackerman, Toek Blignault, Leandré Hanekom, Tess Clotz, Stoffel Cilliers, Helen Cilliers, Charlotte de Beer, ens. Ook jonger, bekroonde kinderboekskrywers, soos Fanie Viljoen en Jaco Jacobs. Prof. Bernard Odendaal van die UV is sedert 2000 die beskermheer van die vereniging, nadat prof. Gerhard J. Beukes die amp tot sy dood beklee het.

o Ledegeld is bekostigbaar. Daar is spesiale tariewe vir skoolkinders, skoolgroepe, studente en lede van ‘n gesin by dieselfde posadres.

2 of meer gesinslede by dieselfde adres: R110
Volwasse individue: R100
Studente: R90
Leerders (individueel): R80
Pensioenarisse: R50
Skole: Dig- of Skryfgroepe begelei deur leerkrag: R30 per leerder
(BSV korrespondeer direk met leerkrag)

Vir verdere inligting kontak gerus vir Lelani Fourie by bloemsv@gmail.com of by 0733883377.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s