Skryfwedstryd

Skryfwedstryd: Agtergrond

Sedert 1979 reël die BSV, in samewerking met NALN, jaarliks hierdie skryfwedstryd – sedert 1989 landwyd.

Die wedstryd is agtereenvolgens geborg deur HAUM/ Kagiso, M-Net, die Stigting vir Afrikaans en, in 1999 deur Naspers, waarna Volksblad die borgskap oor jare heen voortgesit het tot 2008. In 2009 het die glanstydskrif, Passi, as mediaborg opgetree. Vanaf 2010 tree die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat as borg van die skryfwedstryd op.

Benewens ‘n afdeling vir hoërskoolleerlinge word daar ook in ‘n ope afdeling vir diegene wat nog nooit voorheen teen vergoeding gepubliseer het nie, asook ‘n afdeling vir skrywers wat reeds voorheen teen vergoeding gepubliseer het, meegeding, met kontantpryse en wisseltrofeë vir deelnemende skole op die spel.
Bykomende erkenning word gegee aan verdienstelike werk deur deelnemers wat ‘n ander moedertaal as Afrikaans het.

Hierdie skryfwedstryd word spesiaal deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging aangebied vir aspirant-skrywers wat nog nie voorheen skeppende kortprosa teen vergoeding gepubliseer het nie. Sedert 2008 is die wedstryd uitgebrei om ook aan diegene, wat reeds voorheen skeppende werk teen vergoeding gepubliseer het, die geleentheid te bied om deel te neem. Daar is ook in 2008 ‘n afdeling vir poësie geskep.

In 2009 het die wedstryd ’n rekordtal van 1054 inskrywings gegenereer en die wedstryd het ook ’n internasionale profiel begin vertoon met twee van die wenners van oorsee af (Londen en s’Gravenzande, Nederland). In 2009 en 2010 het Hoërskool D.F. Malan, Belville, skoonskip gemaak deur al die trofeë in die skole-afdeling te verower.

1 thoughts on “Skryfwedstryd

  1. Hallo Lelani,
    N.a.v die kennisgewing/berig in Die Burger (21/3/12) is my belangstelling opgewek in die bedrywighede en fokus (skryf in Afrikaans in wye kringe aan te moedig) van die Bloemfonteinse skrywersvereniging. Met die ink-drukker tot my beskikking ondervind ek egter probleme om die inskrywingsvorm leesbaar gedruk te kry. Dit moet tog by inskrywings ingesluit word, nie waar nie? Dalk ‘n bietjie tegniese onkunde wat ek met hulp nog reggestel sal kry? Behalwe as “ink” darem nou tegnies erg agter raak.

Lewer kommentaar