Bestuur 2014

Tydens die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se algemene jaarvergadering in November is ‘n nuwe bestuur vir 2014 verkies: Voor, van  links na regs, dr. Douwlina du Plessis (Ondervoorsitter), Corlietha Swart (Voorsitter) en Ronelle Meyer. Agter, van links na regs, Elmien van der Berg,  Joe Mynhardt en Lelani Fourie (Tesourier/ Sekretaresse). Cecilia van der Linde was afwesig tydens die neem van die foto.

Bestuur 2014
Die lekkerlees-BSV-publikasie, Bloemskryfsels 2014, is ook tydens hierdie geleentheid bekendgestel en kan teen R75 bestel word by 0733883377 of by bloemsv@gmail.com.

BS 2013

Die BSV-bestuur is tans reeds besig om onderwerpe vir 2014 se landswye skryfwedstryd, geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat te finaliseer en ‘n baie gewilde slypskoolaanbieder wat gereeld die topverkoperlyste haal, vir 23 Augustus 2014 se jaarlikse BSV-Slypskool te bespreek. Later meer oor hierdie opwindende skryf- en slypgeleenthede wat vir 2014 in die pyplyn is.

Lewer kommentaar